Ek wonder hoe het jy gevoel
Daardie dag toe Hy staan
In die aandlug se koel
En jy
‘n Klein seuntjie
met ‘n hemelse doel
Toe Sy oë vir jou glimlag
asof Hy weet
En jy dalk eers jou geskenkie
se waarde wou meet
Toe die Man wat diep in jou siel
inkyk
Jou eenvoudige kinder-kosblik
gebruik
Om vir al die baie (duisende) mense
Siekes, gesondes, dromers, wensers…
Hulle honger na lewe en iets wat kan
voed
Kom aanspreek en heelmaak en weer
moed
Uitdeel vir ‘n nuwe werklikheid
Een van oorvloed en liefde en dankbaarheid
Toe Hy sê: “ Bring wat jy het. Dit
is Genoeg.
Ek kán jou gebruik.
Ek plant.
Jy oes.”
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking