Woensdag 26 Oktober 2011

Spin

Kloksgewys

Binne my web is ek toegespin
met taai drade van selfverbetering
self sukses
self ambisie
self bekommernis
my eie remissie

om en om draai ek om my eie as
en vergeet dat dit wat ek eintlik was
'n groter spinstof behoort te wees
een vir baie
maar in my vlees
word ek opgeslurp in my gedagtes
vasgekoek vestrengel verweef
benoud beknop
tevergeefs

Antikloks

Losgetorring, aaneen en heel
Vrygemaak van myself en reƫel
Ek is goud-werd sy aan Sy aan sy

Brose draad versigtig losgewoel
kan weef en kleef aan die gevoel
van vry wees van myself
my web
saamgespin in 'n goue draad
mooi besnaard
liefste sieraard
nuut
sielsbedaard

Weg is die web en gekoekte spil
ek word gelei deur 'n groter Hand
saam geryg aan die spinwieltand
meegevoer kan my draad verbind
ek is kind
deur Hom bemind
uiteindelik... gevind