Vrydag 19 Augustus 2011

GEREED-skap

God gee lewe.

Hy is die Lewe.

'n Counterbalance vir alles wat lei tot die dood.

Daar is niks donker of sleg by Hom nie - Hy is net Goed.

Partykeer gee Hy ons 'n voorsmakie van hoe dit gaan wees as ons eendag permanent by Hom is: Gesond, gelukkig, tevrede, vol blydskap en Volmaak...

Maar

Tot daardie dag aanbreek is ons nog in die wêreld - al is ons nie meer van die wêreld nie...

Dit voel baie keer vir my of God nie noodwendig situasies of omstandighede (wat ons kan benadeel) wegneem, wanneer Hy in beheer van ons lewens is nie, maar eerder vir ons die gereedskap gee om dit wat oor ons pad kom te hanteer.   Wanneer Hy dus "ons paaie gelyk maak" beteken dit dat Hy dalk eerder vir ons 'n stootskraper wil gee as om ons op 'n "gelyke pad" te laat loop.

Wanneer ons by Hom herlaai, gee Hy vir ons  'n hele toolbox om te gebruik wanneer moeilike situasies opduik. Partykeer is ons nie eens daarvan bewus  nie, maar na die tyd besef ons dat ons dit nooit sou gemaak het as God ons nie lank voor die tyd al daarvoor voorberei het nie.

Jy lees dalk iets wat jy voel nie nou van toepassing op jou lewe is nie, maar later die dag loop jy iemand raak wat presies daardie boodskap nodig gehad het. Dan kan jy grawe in jou toolbox en spanner wat te spanner is of afsaag wat afgesaag moet word. Partykeer het 'n mens 'n vergrootglas nodig en ander kere 'n teleskoop...

Hy gee die Lewe. Alles wat daarin is en alles wat dit behels én help ons om daarmee te cope as ons Hom toelaat. Miskien was hy al 'n leer wat jou uit 'n donker gat gehelp het, of 'n tang wat ou geroeste spykers moes help uittrek sodat jy gesond kon word. Of 'n groot glas water wat uiteindelik jou dors kon les...Sy gereedskap en moontlikhede is onbeperk.

Maar hoe kry ons toegang tot hierdie gereedskap om die lewe (dalk mét handskoene) aan te pak?

TYD

Tyd in Sy teenwoordigheid en met Sy Woorde. Kosbare tyd waarin jy net wag vir Sy Stem en tyd saam met ander mense wat ook 'n toolbox het om jou gereedskap mee aan te vul. Nie noodwendig kwanti-tyd nie, maar kwali-tyd.

Dalk is dit net 'n oomblik wat jy gebruik om jouself buite die situasie te sit en hulp te vra of  partykeer is dit 'n paar ure waar jy regtig net op Sy Wil fokus. Dit maak nie saak nie. Elke situasie is anders - maar die uitkoms hang elke keer af van jou bereidwilligheid om eerlik te wees oor dit wat rondom jou aan die gebeur is en in opregtheid te vra wat NOU die beste is vir die spesifieke oomblik. Nie groot woorde nie, nie onderhandelings of transaksies nie - net jy. Kaalgestroop. Surrendered en gereed vir 'n antwoord. SY  antwoord.

Want - jy weet Hy sien die groter prentjie. Hy ken jou en Hy ken ook die situasie. Hy weet wat jou hart begeer en Hy weet wat die beste opsie is. Vertrou Hom. Hy stel 'n mens nooit teleur nie...

Dis die wonder van dit alles. Sy gereedskap is altyd nommer pas vir die situasie. (Al mag jy dalk wonder wat 'n pen of 'n verfkwas of 'n besem kan regmaak...) Hy gee dit met 'n rede en ons word die opdrag gegee om te ontdek waar Hy dit wil gebruik.Om fyn te luister en die eienskappe van die "tool" te ondersoek en daarmee Sy wil te verken.

Hy bly misterieus en opwindend en wil Homself altyd op nuwe en vars maniere aan ons openbaar. Wat 'n adventure as ons onsself daarvoor gee!

Ons hoef nie al die antwoorde te hê nie - ons hoef ook nie eens heeltemal seker te wees van dit wat Hy van ons verwag nie, want in ons totale afhanklikheid kan hy ons die heel beste gebruik! Wanneer Hy ons tree vir tree lei, kan Hy ons help om nie eens een voetsap in die verkeerde rigting te stap nie. Hy wil ons lei in 'n lewe van oorvloedige seën en guns - ons moet Hom net vertrou.

Hy sal nooit ons hand los nie - al lyk dit ook hoe donker om ons. Hy staan gereed met 'n nuwe stuk gereed-skap om jou voor te berei GEREED vir die avontuur!


Psalm 147:3 He heals the brokenhearted and binds up their wounds.

Psalm 34:18 The LORD is close to the brokenhearted and saves those who are crushed in spirit.

Psalm 145:18 The LORD is near to all who call on him, to all who call on him in truth.

Isaiah 57:15 For this is what the high and lofty One says--he who lives forever, whose name is holy: "I live in a high and holy place, but also with him who is contrite and lowly in spirit, to revive the spirit of the lowly and to revive the heart of the contrite.
Psalm 34: 4 I sought the LORD, and he answered me; he delivered me from all my fears.

Isaiah 61:1 The Spirit of the Sovereign LORD is on me, because the LORD has anointed me to preach good news to the poor. He has sent me to bind up the brokenhearted, to proclaim freedom for the captives and release from darkness for the prisoners