Stormagtig is die see in my
my voete voel onvas
soveel vrese wat my beet kan kry
in my gedagtes en my hart
Maar dis asof hierdie heen en weer
en golwe wat my bootjie slaan
my laat fokus op my eie seile
en die rigting wat ek gaan
vir lank was daar 'n ligte wind
'n paar deinings nou en dan
waar ek ligweg net kon koes
en vashou aan U hand
maar hierdie is 'n ander storm
dit woed en skud en breek
sodat ek als wat ek al geleer het
nou een vir een probeer
Ek roep in desperaatheid
stemloos deur die storm se geraas
U antwoord met 'n sagte stem
en vrede wat my weer verbaas
"My genade is genoeg vir jou.
Vir Ewig. Weer en Weer.
Ek het My asem in jou ingeblaas.
Kom sit weer alles neer."
Baie mooi, opbouend vertroostend en bemoedigend. Dankie,
AntwoordVee uitDankie! Xx
Vee uit