Maandag 12 Mei 2014

Perdeblommetjies vir Pinkster

Ek droom gistraand van 'n ontploffing op die maan in allerhande kleure. Dit lyk eers soos 'n plant wat groei en dan soos 'n reuse dandelion of perdeblommetjie wat ontplof. Ek is êrens op ’n skoolveld besig. Daar is ‘n groot paviljoen aan die een kant en een of ander byeenkoms is aan die gang. Die dandelion saadjies het tot op die skoolveld geskiet en dryf stadig verby. Hulle is ENORM. ’n Mens kan aan hulle hang en opstyg! Ek gryp na die naaste een, hop eers en styg dan op terwyl ek styf aan die saadjie vashou. Dit is n bietjie scary maar heerlik! Oral rondom my is die lug gevul met die mooiste kleure.

Aan die een kant van die veld staan ‘n ‘onskuldige’ dogtertjie. Sy is besig om vir die mense op die veld te vertel dat, as hulle graag wil voel hoe dit voel om met die dandelion te vlieg, hulle net voor haar moet kom kniel. Dit voel glo presies dieselfde. Sy het kussings op die beton paviljoen uitgepak en mense gaan staan in ’n ry voor haar. Hulle kniel een vir een. Uit die hoogte kan ek sien dat hulle vir ’n oomblik gelukkig lyk op hulle kniee, maar die glimlag verdwyn vinnig. Wanneer hulle wegstap lyk hulle terleurgesteld en val weer agter in die ry in. Hulle het meer verwag. Soos ek vlieg met die dandelion probeer ek vir die mense skree dat dit baie lekkerder is om die ware Jakob te probeer! Hulle kan almal ook vlieg! Maar dit lyk bloot te vreemd en gevaarlik…

Dit het my laat dink aan my eie storie. Vir ‘n lang tyd in my lewe was ek self besig om voor dinge te kniel. Party meer onskuldig as ander…
Ek het die leuen geglo dat dit daardie gevoel sou wees waarna my hele wese smag. Ek het geweet ons is gemaak vir soveel meer – ek kon net nie lekker my vinger daarop sit nie. Ek het dit bly soek. Selfs al het ek ‘n verhouding met die Here gehad.

‘n Ontploffing op die maan en om met dandelion saadjies te vlieg klink ‘n bietjie far-fetched. Ek weet. Ek besef nou dat ek ook baie keer so gevoel het oor mense se kamtige “Geestelike Ervarings”. Party keer was dit ‘n bietjie out-there vir my, todat ek eendag besluit het om die saadjie wat verby vlieg vas te gryp en in die lug te spring. Al lyk dit vreemd. Ek wou meer hê! My ervaring? Wat ‘n AVONTUUR! En as jy eers eenmaal besluit het om te vlieg, daag daardie saadjies oral op…  

As ek nou terug kyk, besef ek dat geen een van die ander “aardse” ervarings of dinge waarvoor ek gekniel het, met die Heilige Gees kan vergelyk nie. Die tydelike “high" is niks in vergelyking met die hoogtes waar jy kan sweef as jy net jou trots in sou sak steek  en totaal-en-al alle beheer Oorgee nie. Jou fokus is dan op die dinge daar bo en ‘n biejtie afstand gee ‘n mens weer perspektief oor die dinge hieronder.

Ek het eenmaal iemand hoor sê: “How will you keep them on the farm, when they have seen Paris?” en ja, ek weet die plaas hou vir party van ons meer bekoring in as Parys, maar nietemin.
  
Ons is partymaal so bang gepraat en so versigtig vir misleiding, dat ons self in die proses mislei word!

Ek wonder of daardie eerste uitstorting van die Heilige Gees in Pinkster, nie ook soos ‘n ontploffing op die maan gevoel het vir die dissipels nie? Vreemd, nuut, wonderlik scary. Almal wat daardie dag besluit het om te vlieg, sou nooit weer dieselfde wees nie. Geen aardse ding, persoon of ervaring kon ooit weer daarmee vergelyk nie…

Hierdie maand dink ons weer aan daardie eerste keer. Die Heilige Gees se uitstorting. God se krag wat vir ons almal beskikbaar gemaak is. Ook vir jou. Al lyk dit dalk vir jou vreemd en ongewoon…jy is gemaak daarvoor. Dis eers wanneer jy vlieg dat jy dit besef. Soos ‘n vis wat op land was en vir die eerste keer die water voel!

So, wanneer daardie saadjie verby vlieg, vergeet die leuens van tydelike highs en dit wat jy dink jy weet van ‘n verhouding met die Heilge Gees en gryp dit aan! Vra hierdie Pinkster vir jou eie ontploffing, hou jou oë oop vir perdeblomsaadjies  – en Bon Voyage!

2 Corinthians 3:17 (Amplified)

Now the Lord is the Spirit, and where the Spirit of the Lord is, there is liberty (emancipation from bondage, freedom)

Acts 2: 12-21 (Living Bible)

They stood there amazed and perplexed. “What can this mean?” they asked each other.
13 But others in the crowd were mocking. “They’re drunk, that’s all!” they said.
14 Then Peter stepped forward with the eleven apostles and shouted to the crowd, “Listen, all of you, visitors and residents of Jerusalem alike! 15 Some of you are saying these men are drunk! It isn’t true! It’s much too early for that! People don’t get drunk by 9:00 a.m.!16 No! What you see this morning was predicted centuries ago by the prophet Joel— 17 ‘In the last days,’ God said, ‘I will pour out my Holy Spirit upon all mankind, and your sons and daughters shall prophesy, and your young men shall see visions, and your old men dream dreams. 18 Yes, the Holy Spirit shall come upon all my servants, men and women alike, and they shall prophesy. 19 And I will cause strange demonstrations in the heavens and on the earth—blood and fire and clouds of smoke; 20 the sun shall turn black and the moon blood-red before that awesome Day of the Lord arrives. 21 But anyone who asks for mercy from the Lord shall have it and shall be saved.’