Sondag 15 Mei 2011

Werlik-Hy'd

God is Bo-natuurlik.

Natuurwette van gravitasie, momentum en reaksie is nie op Hom van toepassing nie.

Hy is Super-natural.

Nie net in dié sin dat hy Almagtig en Misterieus is nie, maar juis omdat hy Intens(super/buitengewoon) Natuurlik is. Hy is die natuurlikste ding waarna ons smag met ons hele wese. Sy Realiteit is eintlik waar ons behoort te wees. Waar ons aard en inheems kan floreer. Wanneer ons gewortel is in Hom, inge-ent in die Wingerdstok, kan ons vrugte dra en blom. (Joh 15:5) Ons is gemaak hiervoor. Elke stam en taal en volk en nasie glo op 'n manier hierin. Maak nie saak hoe primitief of gevorderd ons is nie, daar is altyd iets Misterieus en groter waaraan ons wil glo. Ons default setting is gemerk met: Buitengewoon.

Van kleins af het ons die behoefte daaraan om dit te ervaar en later in ons lewens waneer ons al hoe meer met die 'harde werklikheid' gekonfronteer word, smag ons na daardie Iets meer...

God is sonder perke. Hy volg daarom ook nie die normale proses of patroon nie. Hy maak mense binne 'n oogwink gesond en somtyds heel oor 'n hele leeftyd. Sy resep is onpeilbaar. Die Rebel-met-'n-cause (Jesus) se lewe kom wys ons iets hiervan. Hy hou van die curve-ball benadering. Die mense van Sy tyd verwag 'n sekere protocol, reaksie, proses en gevolg en elke keer daag Hy dit uit: Oog vir 'n oog? Draai die ander wang! (Lukas 6:27-30) Oorlog en geweld? Hê julle vyande lief! (Rom 12:17-21) Kry aansien en Mag? Dien mekaar en wees die minste! Verkry meer kennis? Glo soos 'n kind. ( Luk 10:12)

Maar Hy daag hulle nie net op intellektuele vlak uit nie. Hulle hele verwysingsraamwerk, van wat dit beteken om gods-dienstig te wees word geskud. Hy is in die geselskap van mense sonder aansien en met slegte reputasies (Luk 5:30) en Hy doen wonderwerke. Ongelooflike wonderwerke wat onverklaarbaar is en tot vandag toe nog mense se lewens aanraak en verander. Sy lewe is nie net 'n Sci-fi movie met baie goeie special effects nie. Hy LEEF die onmoontlike. Dit is Sy Realiteit. Hy IS dit wat "meer" is in hierdie lewe.

En selfs wanneer jy Hom toelaat om net 'n klein venstertjie in jou hart oop te maak, staan jy verstom oor die Werking van Sy Gees. Dis Super-natural. Doodgewone mense, gebeure en toevallighede wat jy net nie kan miskyk nie. 'n Reusagtige wolke-hart in die lug in 'n oomblik wat jy dit SO nodig het. Of 'n reenboog wanneer dit presies is waarvoor jy gevra het. Vyf verskillende mense wat jou op een dag bel en herinner aan dieselfde versie wat net vir jou bedoel is en selfs partykeer 'n duidelike Stem uit die diepte van jou hart, wat in presies-soveel-woorde vir jou sê wat om te doen in 'n sekere situasie. Wyse woorde in 'n oomblik waarin jy nie eintlik geweet het WAT om te sê nie.

'n Mens staan verstom en klein en glimlag.

As jy inge-plug wil wees en hierdie live-streaming (life-streaming) kanaal wil ervaar is daar net twee pin-kodes in jou hart nodig om dit aan te skakel. "Surrender" en "Vertroue"... (jy kry meer as drie kanse - oneindig is more like it en elke keer tel) en wanneer die Kanaal inskop, begin die eerste program met dié liedjie: ...alles wat nodig is, sal die Vader dan, vir julle gee uit Sy oorvloed...

en

vir die eerste keer (asof dit voorheen in 'n ander taal uitgesaai is) weet jy presies wat DIT beteken...