Maandag 08 Junie 2015

Bedagsaam

Be-dag-saam

HAT: be-dag’ b.nw 1 Voorberei: Op alles bedag wees. 2 Uitgedink: ‘n Bedagte ekskuus
be-dag’saam b.nw en bw. Versigtig, met oorleg, nie oorhaastig nie: Bedagsaam optree. ‘n Bedagsame meisie wat ‘n ou tante oor die straat help. bedag’saamheid

Bedags, in ons gejaag na ‘n plekkie in die son, vergeet ons soms om aan ander te dink. Ons wentel om ons eie baan en is behep met alles wat in ons eie sterrestelsel aan die gebeur is. Ons vergeet dat die ander planete hier om ons, besig is met dieselfde stryd en eintlik deel vorm van ‘n baie groter geheel, as dit wat ons met die blote oog kan sien.

 Ons is almal interafhanklik van mekaar en eintlik maar klein deeltjies van die grootste Hemel-Liggaam… ons is Christus se Liggaam in hierdie wêreld. Verskillende dele aanmekaar geweef om as één te funksioneer en op te tree. Om bedagsaam te wees.

Wat beteken dit? 

Ek dink die sleutel lê in “dag”. In die konteks van bedag wees, beteken dit om mooi te dink oor dinge. Dink voor jy doen. Maar: wanneer jy bedagSAAM is, gaan dit oor meer as een persoon. Jy word die geleentheid gegee om die DAG te wees in iemand se nag. Jou geDAGte, wat dan oorgaan in ‘n aksie, laat die son deurbreek en die Lig skyn.  Daar is 'n omwenteling en die lig breek deur...


So, kom ons wees vandag bedag op ons gedagtes en laat onsself toe om be-DAG-sáám te wees.

Acts 2:44
 44 And all the believers met together constantly and shared everything with each other, 45 selling their possessions and dividing with those in need. 46 They worshiped together regularly at the Temple each day, met in small groups in homes for Communion, and shared their meals with great joy and thankfulness, 47 praising God. The whole city was favorable to them, and each day God added to them all who were being saved.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking