‘n Goeie vriend van my het die irriterende gewoonte om in nuwe geselskap
een of ander tyd hierdie vraag te vra: “ As jy enige iets met jou lewe kon doen
en jy versker was dat daar geen struikelblokke in die pad sou wees nie, wat sou
jy doen?” Amper soos om vir ‘n kind te
vra: “ Wat wil jy eendag word as jy groot is?” Dit is ‘n vraag wat die
meeste mense aanvanklik bietjie ongemaklik maak en onkant vang. Sy volgende vraag is dan gewoonlik: “ Wat keer
jou om dit nie te doen nie?” In die 15 jaar wat ons al vriende is, was daar nog
net twee mense wat kon antwoord dat hulle presies doen waarvan hulle kleintyd
gedroom het. In altwee hierdie gevalle het dit opoffering gekos. Die lewe het
eers ‘n paar draaie met hulle geloop todat hulle uiteindelik op ‘n kruispad te
lande gekom het en die groot sprong na ‘n “droom” geneem het. Net twee mense (!) wat regtig doen wat hulle
nog altyd graag wou. Dit het my bietjie laat dink oor God se droom vir ons
lewens. Daardie knaende gedagte of ding wat jy nog altyd graag sou wou doen of
probeer: “ Eendag” of “ As jou skip inkom” of “ as jy bietjie losser is by die werk/huis en
meer tyd het”…
Vanoggend
lees ek weer die stukkie in Matt 6:25-34 waar Jesus vertel van die voëls en die
lelies en hoe ons Hemelse Vader vir hulle sorg. ‘n Vader wat al ons
bekommernisse op Hom wil neem (1 Petrus 5:7 ) en ons wil help om soos lelies te
blom waar ons geplant is…
Hierdie Vader wat vir ons die Goeie Nuus gebring het. Wat
ons in Christus Jesus meer as oorwinnaars maak. Wat ons tot ALLES in staat maak
en selfs die slegste ervarings ten goede laat meewerk vir die wat Hom liefhet
en geroep is om Sy wil te doen. (Rom 8:28)
Hoe sal jy hierdie vrae beantwoord as ek vir jou sê dat die
somtotaal van jou vorige ervarings jou perfek voorberei het vir dít
wat ons Hemelse Vader vandag deur jou wil doen? Dat Hy deur dit alles jou
kapasiteit vergroot het, sodat Hy jou kan gebruik soos nog nooit tevore nie? Sy
strategie vir jou lê opgesluit in wie jy is. Jy is spesifiek gemaak met ‘n
doel. Al lyk dit soms nie vir die wêreld (of vir jou) so nie. Sy drome vir jou
is groot en ongelooflik. Hy wat ‘n koning van ‘n skaapwagter soos Dawid maak, ‘n
leier soos Moses van iemand wat sukkel om te praat. ‘n Krygsman van ‘n bang
Gideon en die lys hou aan en aan…
As jy vandag voel soos ‘n lepel wat as ‘n graaf gebruik
word, laat Hom toe om saam met jou te
droom oor jou lepel status, voor jy daardie lepel in die dak steek… ;-)
"...Our deepest fear is not that we are inadequate.
Our deepest fear is that we are powerful beyond measure.
It is our light, not our darkness that most frightens us.
We ask ourselves, Who am I to be brilliant, gorgeous, talented, fabulous?
Actually, who are you not to be?
You are a child of God.
Your playing small does not serve the world.
There is nothing enlightened about shrinking so that other people won't feel insecure around you.
We are all meant to shine, as children do.
We were born to make manifest the glory of God that is within us.
And as we let our own light shine, we unconsciously give other people permission to do the same.
As we are liberated from our own fear, our presence automatically liberates others."'A Return To Love' (1992) by Marianne Williamson
Our deepest fear is that we are powerful beyond measure.
It is our light, not our darkness that most frightens us.
We ask ourselves, Who am I to be brilliant, gorgeous, talented, fabulous?
Actually, who are you not to be?
You are a child of God.
Your playing small does not serve the world.
There is nothing enlightened about shrinking so that other people won't feel insecure around you.
We are all meant to shine, as children do.
We were born to make manifest the glory of God that is within us.
And as we let our own light shine, we unconsciously give other people permission to do the same.
As we are liberated from our own fear, our presence automatically liberates others."'A Return To Love' (1992) by Marianne Williamson
Matthew
6:25-34
Do Not Worry
25 “Therefore I tell you, do not worry about your life, what
you will eat or drink; or about your body, what you will wear. Is not life more
than food, and the body more than clothes? 26 Look at the birds of
the air; they do not sow or reap or store away in barns, and yet your heavenly
Father feeds them. Are you not much more valuable than they? 27 Can
any one of you by worrying add a single hour to your life[e]?
28 “And why do you worry about clothes? See how the flowers of the
field grow. They do not labor or spin. 29 Yet I tell you that not
even Solomon in all his splendor was dressed like one of these. 30 If
that is how God clothes the grass of the field, which is here today and
tomorrow is thrown into the fire, will he not much more clothe you—you of
little faith? 31 So do not worry, saying, ‘What shall we eat?’ or
‘What shall we drink?’ or ‘What shall we wear?’ 32 For the pagans run
after all these things, and your heavenly Father knows that you need them. 33 But
seek first his kingdom and his righteousness, and all these things will be
given to you as well. 34 Therefore do not worry about tomorrow, for
tomorrow will worry about itself. Each day has enough trouble of its own.