Maandag 02 Januarie 2012

Vis of Vlees

Meerminne het my nog altyd gefassineer. As ek kon kies, sou ek graag of 'n meermin of 'n groot (intelligente) voël wou wees. Dink net hoe lekker dit moet wees om so vrylik te kan beweeg. Die perspektief wat jy op dinge het en die moontlikhede! Tyd en ruimte raak 'n heel ander dimensie. Daar is 'n Groter mag wat jou dryf. Die Wind of die Water. Jy voel heeltemal vry - en tog is jy totaal en al uitgelewer aan die element waarin jy jouself bevind. 'n Vreemde, teenstrydige idee: Jy is op jou "vryste" wanneer jy totaal en al oorgee. Wanneer jy net ontspan en toelaat dat die water of die wind jou meesleur, sonder enige inspanning van jou eie, voel jy heeltemal vry. 

Ons het selfs uitdrukkings wat hierdie konsep van vryheid vasvang: "Free as a bird" en hy is so gelukkig soos "'n vis in die water".  En as jy aan beelde van vryheid dink, is dit nooit iemand wat met moeite iets probeer vermag nie. Dis eerder iemand wat op die naat van sy rug op die water dryf of 'n voël wat sweef op 'n warm lugstroom, dalk selfs 'n ruimteman wat gewigloos beweeg. 

Wat jou beeld van vryheid ook al is, dit het altyd iets in gemeen. Dit is effortless en 'n mens is nie bewus van die sekondes wat verby tik nie. Dit gebeur amper buite die realiteit van tyd en ruimte. Jy laat ook jouself toe om meegesleur te word en veg nie meer teen die gevoel om die leisels heeltemal te laat gaan nie. Daar is niks wat jou terug hou nie. 

'n Ontvlugting van die werklikheid.

Fiksie en fantasie? Bedwelming of verslawing?Euforia? Chasing the dragon? Maar wat as daar 'n manier was om hierdie vryheid te ervaar? Elke dag? Sonder om jou gesondheid in te boet of skade aan verhoudings en jouself aan te rig? 'n Port-hole na 'n ander dimensie waar jy heeltmal gewigloos kan funksioneer? 'n Geheime passageway na 'n ander realiteit wat altyd daar en oop is en sorg vir 'n permanente metamorfose.

Die realiteit is dit. Ons is na die Beeld van God gemaak. Ons is veronderstel om vrylik toegang te hê tot die Goddelike dimensie van ons Hemelse Vader. Die Vryheid van die see en die lug.

Jesus hou die sleutel. Hy self is die Brug en die porthole. Sy geheime taal wat jou help om hierdie dimensie te verstaan - die Heilige Gees. Deur Hom kan ons elke dag swem in die see van oneindigende moontlikhede. Hy het klaar die prys betaal - daar is Niks wat ons nou meer kan terughou nie. Ons moet net ons kaartjie by Hom vat. 

Jesus staan by die deur van jou hart. Hy staan aan die begin van die Secret Passageway. Hy wag vir jou om te kom speel in die realm van Sy Heerlikheid. Toegang is gratis. Jy moet net oopmaak en oorgee om daardie ongelooflike VRYHEID te ervaar. 

En as daardie goue sleutel in die Groot deur draai en die stroom van liefde jou oorweldig, word jy toegerus met seelonge en vinne om die volle potensiaal (en oneindigheid) van Sy Genade te ontdek. A new creation. 

Waarvoor wag ons nog? Let the games begin!




Maandag 14 November 2011

Gevriesde Hoender Lesse

Gevriesde hoenders is 'n tameletjie. 'n Taai tameletjie. Veral as die bevrore spulletjie meer as vyf hoenders is wat mekaar aankleef. Dan raak dit 'n mini-hoenderberg in jou wasbak en neem dit BAIE lank om te ontdooi. Langer as wat ek kon of wou wag een haastige middag...

Die probleem was die volgende: Die grootmaat hoenders wat ons gekoop, haastig verpak en gevries het, moes nou nuwe eienaars kry en ek moes die bevrore massa van mekaar loskry voordat hulle heeltemal ontdooi sodat ek elkeen in sy eie sakkie kon sit en weer kon vries - my timing moes perfek wees.

Eers het ek versigtig kouer-as-louerige water ingetap en al ses hoenders, in die groot sak waarin hulle gekom het, onderdompel. Na sowat 'n uur was daar nog geen vordering in die ontdooi proses nie. Net die een onderste vlerkie was 'n bietjie sagter as die res, maar NEE. Hoender kubus was hoender kubus. Weerstandig en (myns insiens) sommer hardkoppig, het al die yskoue lywe aan mekaar bly vasklou.

Dis toe dat ek 'n nuwe aanslag probeer. Ek maak die water 'n bietjie warmer, begin trek aan watter ledemaat ook al uitsteek en as handvatsel kan dien, maar GEEN VORDERING. Tot my ergenis breek ek per ongeluk van die boudjies en vlerkies in my poging om die res van die hoender los te trek en later lyk dit meer soos 'n post modernistiese beeldhouwerk in protes teen die mishandeling van pluimvee as "hoenders-in-die-wasbak".

Ek (nou redelik desperaat) gaan haal my houtspaan uit die laai en met vingers wat heeltemal doodgevries is, voel-voel ek na my geel rubberhandskoene êrens in die kas. Hierdie hoenders maak my die hoenders in, maar ek is nie chicken nie!

Met adrenalien wat deur my are pomp en stadig maar seker die lewe na my hande terug bring, kap ek na die hoenders. Ek gebruik elke moontlike angle en probeer die houtspaan so diep as moontlik tussen die ongeveerdes indruk, terwyl ek krampagtig probeer vasklou aan die res van die glibberige hoendermassa.

Velle skeur. Bene breek. Water spat. Hande gly, maar al wat wil loskom is die flippin' hoenders!

Uitasem en uit idees staan ek 'n bietjie terug en probeer besluit of ek nie dalk die spul gelyk in die oond kan boender en sommer vir die hele buurt gebakte hoender moet aanbied vir aandete nie. Dalk kan ek dan dit wat oorbly vries..? Spaar die nuwe eienaars die moeite van gaarmaak..?

My aandag word gelukkig afgelei deur die noodkrete van my honger kinders en vir 'n uur of wat vergeet ek bietjie van die hoender petalje. Ek maak broodjies, antwoord 'n paar sms'e, help met huiswerk, gee die honde kos en onthou toe skielik weer van my verminkte vleiskristal in die wasbak.

Tot my groot verligting het die effens warmer water stadig maar seker tussen elke hoender ingeloop en kon ek hulle nou met amper geen moeite losmaak van mekaar...Ek het sommer hardop begin lag! 'n Klein bietjie meer geduld sou die ding doen! Effortless!

Dit het my dadelik laat dink aan hoe ons baie keer moeilike situasies van konflik (of wat ook al) in ons lewens hanteer. Ons wil NOU 'n oplossing hê en forseer dan baie keer ons eie wil of siening/mening daarop af, terwyl ons eintlik maar net moet terugstaan en oorgee. Toelaat dat God se warm Liefde tussenin vloei en die situasie ontdooi of ontknoop. Ons (en die ander partye betrokke) kan dan heelwat HELER uit die stryd tree as ons Hom net toelaat om ons fights names ons in liefde te fight.

Wanneer ons net ons 'gevriesde hoenders' tot by die Warm Water bring en dit daar laat soak, SAL dit (op die regte tyd) ontdooi en loskom.

Ys het geen weerstand teen Warm Water nie, maak nie saak hoe hard of lank dit al gevries is nie.

Amen.

Woensdag 26 Oktober 2011

Spin

Kloksgewys

Binne my web is ek toegespin
met taai drade van selfverbetering
self sukses
self ambisie
self bekommernis
my eie remissie

om en om draai ek om my eie as
en vergeet dat dit wat ek eintlik was
'n groter spinstof behoort te wees
een vir baie
maar in my vlees
word ek opgeslurp in my gedagtes
vasgekoek vestrengel verweef
benoud beknop
tevergeefs

Antikloks

Losgetorring, aaneen en heel
Vrygemaak van myself en reëel
Ek is goud-werd sy aan Sy aan sy

Brose draad versigtig losgewoel
kan weef en kleef aan die gevoel
van vry wees van myself
my web
saamgespin in 'n goue draad
mooi besnaard
liefste sieraard
nuut
sielsbedaard

Weg is die web en gekoekte spil
ek word gelei deur 'n groter Hand
saam geryg aan die spinwieltand
meegevoer kan my draad verbind
ek is kind
deur Hom bemind
uiteindelik... gevind

Dinsdag 13 September 2011

Die Barmhartige Prosituut

Die Barmhartige Alkoholis
                         Vigslyer
                          Junkie

Die Barmhartige Tronkvoël
                         Moslem
                         Bergie

Die Barmhartige Annoreksie Lyer
                         Tattoo Artist
                         Rastafarian / (kultuurgroep)
                         Gay man/vrou

Watter woorde sou Jesus vandag moes gebruik om jou aandag te kry?

Ons is al so gewoond aan die storie van die Barmhartige Samaritaan, dat ons vergeet watter impak dit op Jesus se gehoor sou hê. Die Samaritaan is in ons oë die goeie ordentlike ou wat pas in die storie.

Nie in Jesus se tyd nie...Jy wou nie saam met Samaritane gesien word nie, wat nog te sê met hulle praat! Hulle was outcasts. Onwelkom en onrein. Nie iemand om mee te assosieer nie.

In ons gedagtes is daar ook baie keer mense wat ons marginaliseer. Partykeer onbewustelik. Ons voel net dat God se genade nie heeltemal ver genoeg kan strek vir daardie groep mense nie. Hulle is in ons opinie uitgesluit - en met goeie rede...

Maar hoe anders is God se werklikheid nie! Hy het juis 'n hart vir mense wat op die rand van die samelewing leef. Hy meet met 'n ander maatstaf.

Luke 15 (Message)
 1-3By this time a lot of men and women of doubtful reputation were hanging around Jesus, listening intently. The Pharisees and religion scholars were not pleased, not at all pleased. They growled, "He takes in sinners and eats meals with them, treating them like old friends." Their grumbling triggered this story.
 4-7"Suppose one of you had a hundred sheep and lost one. Wouldn't you leave the ninety-nine in the wilderness and go after the lost one until you found it? When found, you can be sure you would put it across your shoulders, rejoicing, and when you got home call in your friends and neighbors, saying, 'Celebrate with me! I've found my lost sheep!' Count on it—there's more joy in heaven over one sinner's rescued life than over ninety-nine good people in no need of rescue.

Hy ontferm Hom oor ons ELK-EEN.

Hy hang nie labels om ons nie. Hy sien ons anders. "Na Sy Beeld" gemaak. Jesus se bloed het die vermoë om vir ons 'n skoon canvas te gee, waarmee Hy 'n wonderlike kunswerk kan skep. 'n Skildery wat Hy duur gekoop het. Deur Sy oë, en dit wat Hy vir ons kom doen het, is ons volmaak. Onverdiend. Vergewe. Goeie Nuus vir ons Almal.

Hy het nie gesê gaan dan na "ons mense" toe en maak die mense my dissipels nie. Sy Boodskap kan nie net by "ons-dam-se-eende" bly nie. Nee, Hy sê gaan dan na AL die nasies toe... Geen uitsonderings. Geen kwalifikasies. Geen voorvereistes of diskriminasie nie. Amazing. Grace.

 Lukas 7 vertel van Simon die Fariseer en hoe onsteld hy was oor die prosituut in sy huis wat Jesus kom salf het en nie kon ophou huil van blydskap nie.

Luke 7 ( Message)
 40Jesus said to him, "Simon, I have something to tell you."
   "Oh? Tell me."
 41-42"Two men were in debt to a banker. One owed five hundred silver pieces, the other fifty. Neither of them could pay up, and so the banker canceled both debts. Which of the two would be more grateful?"
 43-47Simon answered, "I suppose the one who was forgiven the most."
   "That's right," said Jesus. Then turning to the woman, but speaking to Simon, he said, "Do you see this woman? I came to your home; you provided no water for my feet, but she rained tears on my feet and dried them with her hair. You gave me no greeting, but from the time I arrived she hasn't quit kissing my feet. You provided nothing for freshening up, but she has soothed my feet with perfume. Impressive, isn't it? She was forgiven many, many sins, and so she is very, very grateful. If the forgiveness is minimal, the gratitude is minimal."
 48Then he spoke to her: "I forgive your sins."

Mag ons altyd onthou dat ons Sy ongelooflike Genade net so nodig het soos almal anders in die wêreld. Ons is nie vir die een of ander rede beter (of slegter) nie.

Want so lief het God vir  Jakobus Lodewikus Potgieter
                                      Mohamed Ahmal Kabir
                                      Li Tin Pei
                                      Fezeka Ndyadlivane
                                     Sharish Bhatnagar
                                     JOU

gehad, dat Hy Sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.  Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.

1 John 3:16
The Message (MSG)

 16-17This is how we've come to understand and experience love: Christ sacrificed his life for us. This is why we ought to live sacrificially for our fellow believers, and not just be out for ourselves. If you see some brother or sister in need and have the means to do something about it but turn a cold shoulder and do nothing, what happens to God's love? It disappears.

Mag ons deur God se oë na almal rondom ons kyk - en ook na onsself. Mag ons wat soos Samaritane voel in 'n Joodse konteks weet dat God juis vir ons wil gebruik en mag ons ander Samaritane raaksien wat 'n sleutel rol in ons storie kan speel.

Gaan wees die jy die Barmhartige ...................................................................(jou naam)

Vrydag 19 Augustus 2011

GEREED-skap

God gee lewe.

Hy is die Lewe.

'n Counterbalance vir alles wat lei tot die dood.

Daar is niks donker of sleg by Hom nie - Hy is net Goed.

Partykeer gee Hy ons 'n voorsmakie van hoe dit gaan wees as ons eendag permanent by Hom is: Gesond, gelukkig, tevrede, vol blydskap en Volmaak...

Maar

Tot daardie dag aanbreek is ons nog in die wêreld - al is ons nie meer van die wêreld nie...

Dit voel baie keer vir my of God nie noodwendig situasies of omstandighede (wat ons kan benadeel) wegneem, wanneer Hy in beheer van ons lewens is nie, maar eerder vir ons die gereedskap gee om dit wat oor ons pad kom te hanteer.   Wanneer Hy dus "ons paaie gelyk maak" beteken dit dat Hy dalk eerder vir ons 'n stootskraper wil gee as om ons op 'n "gelyke pad" te laat loop.

Wanneer ons by Hom herlaai, gee Hy vir ons  'n hele toolbox om te gebruik wanneer moeilike situasies opduik. Partykeer is ons nie eens daarvan bewus  nie, maar na die tyd besef ons dat ons dit nooit sou gemaak het as God ons nie lank voor die tyd al daarvoor voorberei het nie.

Jy lees dalk iets wat jy voel nie nou van toepassing op jou lewe is nie, maar later die dag loop jy iemand raak wat presies daardie boodskap nodig gehad het. Dan kan jy grawe in jou toolbox en spanner wat te spanner is of afsaag wat afgesaag moet word. Partykeer het 'n mens 'n vergrootglas nodig en ander kere 'n teleskoop...

Hy gee die Lewe. Alles wat daarin is en alles wat dit behels én help ons om daarmee te cope as ons Hom toelaat. Miskien was hy al 'n leer wat jou uit 'n donker gat gehelp het, of 'n tang wat ou geroeste spykers moes help uittrek sodat jy gesond kon word. Of 'n groot glas water wat uiteindelik jou dors kon les...Sy gereedskap en moontlikhede is onbeperk.

Maar hoe kry ons toegang tot hierdie gereedskap om die lewe (dalk mét handskoene) aan te pak?

TYD

Tyd in Sy teenwoordigheid en met Sy Woorde. Kosbare tyd waarin jy net wag vir Sy Stem en tyd saam met ander mense wat ook 'n toolbox het om jou gereedskap mee aan te vul. Nie noodwendig kwanti-tyd nie, maar kwali-tyd.

Dalk is dit net 'n oomblik wat jy gebruik om jouself buite die situasie te sit en hulp te vra of  partykeer is dit 'n paar ure waar jy regtig net op Sy Wil fokus. Dit maak nie saak nie. Elke situasie is anders - maar die uitkoms hang elke keer af van jou bereidwilligheid om eerlik te wees oor dit wat rondom jou aan die gebeur is en in opregtheid te vra wat NOU die beste is vir die spesifieke oomblik. Nie groot woorde nie, nie onderhandelings of transaksies nie - net jy. Kaalgestroop. Surrendered en gereed vir 'n antwoord. SY  antwoord.

Want - jy weet Hy sien die groter prentjie. Hy ken jou en Hy ken ook die situasie. Hy weet wat jou hart begeer en Hy weet wat die beste opsie is. Vertrou Hom. Hy stel 'n mens nooit teleur nie...

Dis die wonder van dit alles. Sy gereedskap is altyd nommer pas vir die situasie. (Al mag jy dalk wonder wat 'n pen of 'n verfkwas of 'n besem kan regmaak...) Hy gee dit met 'n rede en ons word die opdrag gegee om te ontdek waar Hy dit wil gebruik.Om fyn te luister en die eienskappe van die "tool" te ondersoek en daarmee Sy wil te verken.

Hy bly misterieus en opwindend en wil Homself altyd op nuwe en vars maniere aan ons openbaar. Wat 'n adventure as ons onsself daarvoor gee!

Ons hoef nie al die antwoorde te hê nie - ons hoef ook nie eens heeltemal seker te wees van dit wat Hy van ons verwag nie, want in ons totale afhanklikheid kan hy ons die heel beste gebruik! Wanneer Hy ons tree vir tree lei, kan Hy ons help om nie eens een voetsap in die verkeerde rigting te stap nie. Hy wil ons lei in 'n lewe van oorvloedige seën en guns - ons moet Hom net vertrou.

Hy sal nooit ons hand los nie - al lyk dit ook hoe donker om ons. Hy staan gereed met 'n nuwe stuk gereed-skap om jou voor te berei GEREED vir die avontuur!


Psalm 147:3 He heals the brokenhearted and binds up their wounds.

Psalm 34:18 The LORD is close to the brokenhearted and saves those who are crushed in spirit.

Psalm 145:18 The LORD is near to all who call on him, to all who call on him in truth.

Isaiah 57:15 For this is what the high and lofty One says--he who lives forever, whose name is holy: "I live in a high and holy place, but also with him who is contrite and lowly in spirit, to revive the spirit of the lowly and to revive the heart of the contrite.
Psalm 34: 4 I sought the LORD, and he answered me; he delivered me from all my fears.

Isaiah 61:1 The Spirit of the Sovereign LORD is on me, because the LORD has anointed me to preach good news to the poor. He has sent me to bind up the brokenhearted, to proclaim freedom for the captives and release from darkness for the prisoners









Maandag 20 Junie 2011

Oorgawe

Toe ek finaal stukkend val
en as mooi versierde blompot
uitgestal
in 'n duisend stukke lê

Het U met 'n sagte hand
'n skerf kom vat
en met sy snykant
(stukkend, gebreek)
iets nuuts kom kerf
en my laat weet

dat die vorm van my hart
blootgelê met die slag
al meer soos ekke lyk

U het die skerpste kant gebruik
en sonder meer
MY laat ontluik

Sondag 19 Junie 2011

Loslappie of Laslappie

Wat is die goue draad wat ons almal aan mekaar bind?

 Wat is dit wat maak dat ons 'n gemene deler het? Is dit die stoffasie waarvan ons gemaak is? Of dalk omdat ons fyn besnaard is? Dalk juis omdat ons almal vol draadwerk is..? Ons kom dalk nie almal uit dieselfde fabriek nie, maar ons is sorgvuldig aanmekaar geweef. Nog lank voordat ons self kon besef wie of wat ons is.

Psalm 139: ( Message)

 13-16 Oh yes, you shaped me first inside, then out; 
      you formed me in my mother's womb. 
   I thank you, High God—you're breathtaking! 
      Body and soul, I am marvelously made! 
      I worship in adoration—what a creation! 
   You know me inside and out, 
      you know every bone in my body; 
   You know exactly how I was made, bit by bit, 
      how I was sculpted from nothing into something. 
   Like an open book, you watched me grow from conception to birth; 
      all the stages of my life were spread out before you, 
   The days of my life all prepared 
      before I'd even lived one day.


Ons is pragtige stukke lap aanmekaar geweef deur die Kunstenaar wat elke draadjie sorgvuldig uitgekies het.

 Maar dit stop nie daar nie. Baie keer is ons los-lappies wat eerder LASlappies moet wees.

Ons is gemaak om langs mekaar, aan mekaar gebind te wees - juis sodat ons 'n groter doel kan dien. Alleen bedek ons maar 'n klein oppervlakte, maar saam kan ons 'n reuse area bedek en warmte gee waar dit nodig is.

Ons moet hande vat. En nie noodwendig met die laslappies wat soos jy lyk nie. Dalk juis met 'n lappie wat 'n kontrasterende tekstuur of patroon het, sodat julle altwee tot julle reg kan kom...

Mag die liefde van die Here ons aanmekaar bind met 'n onbreekbare band sodat ons 'n Genade Kombers vir mense in die koue kan wees en terselfdertyd iets vir mekaar kan beteken!