God is Bo-natuurlik.
Natuurwette van gravitasie, momentum en reaksie is nie op Hom van toepassing nie.
Hy is Super-natural.
Nie net in dié sin dat hy Almagtig en Misterieus is nie, maar juis omdat hy Intens(super/buitengewoon) Natuurlik is. Hy is die natuurlikste ding waarna ons smag met ons hele wese. Sy Realiteit is eintlik waar ons behoort te wees. Waar ons aard en inheems kan floreer. Wanneer ons gewortel is in Hom, inge-ent in die Wingerdstok, kan ons vrugte dra en blom. (Joh 15:5) Ons is gemaak hiervoor. Elke stam en taal en volk en nasie glo op 'n manier hierin. Maak nie saak hoe primitief of gevorderd ons is nie, daar is altyd iets Misterieus en groter waaraan ons wil glo. Ons default setting is gemerk met: Buitengewoon.
Van kleins af het ons die behoefte daaraan om dit te ervaar en later in ons lewens waneer ons al hoe meer met die 'harde werklikheid' gekonfronteer word, smag ons na daardie Iets meer...
God is sonder perke. Hy volg daarom ook nie die normale proses of patroon nie. Hy maak mense binne 'n oogwink gesond en somtyds heel oor 'n hele leeftyd. Sy resep is onpeilbaar. Die Rebel-met-'n-cause (Jesus) se lewe kom wys ons iets hiervan. Hy hou van die curve-ball benadering. Die mense van Sy tyd verwag 'n sekere protocol, reaksie, proses en gevolg en elke keer daag Hy dit uit: Oog vir 'n oog? Draai die ander wang! (Lukas 6:27-30) Oorlog en geweld? Hê julle vyande lief! (Rom 12:17-21) Kry aansien en Mag? Dien mekaar en wees die minste! Verkry meer kennis? Glo soos 'n kind. ( Luk 10:12)
Maar Hy daag hulle nie net op intellektuele vlak uit nie. Hulle hele verwysingsraamwerk, van wat dit beteken om gods-dienstig te wees word geskud. Hy is in die geselskap van mense sonder aansien en met slegte reputasies (Luk 5:30) en Hy doen wonderwerke. Ongelooflike wonderwerke wat onverklaarbaar is en tot vandag toe nog mense se lewens aanraak en verander. Sy lewe is nie net 'n Sci-fi movie met baie goeie special effects nie. Hy LEEF die onmoontlike. Dit is Sy Realiteit. Hy IS dit wat "meer" is in hierdie lewe.
En selfs wanneer jy Hom toelaat om net 'n klein venstertjie in jou hart oop te maak, staan jy verstom oor die Werking van Sy Gees. Dis Super-natural. Doodgewone mense, gebeure en toevallighede wat jy net nie kan miskyk nie. 'n Reusagtige wolke-hart in die lug in 'n oomblik wat jy dit SO nodig het. Of 'n reenboog wanneer dit presies is waarvoor jy gevra het. Vyf verskillende mense wat jou op een dag bel en herinner aan dieselfde versie wat net vir jou bedoel is en selfs partykeer 'n duidelike Stem uit die diepte van jou hart, wat in presies-soveel-woorde vir jou sê wat om te doen in 'n sekere situasie. Wyse woorde in 'n oomblik waarin jy nie eintlik geweet het WAT om te sê nie.
'n Mens staan verstom en klein en glimlag.
As jy inge-plug wil wees en hierdie live-streaming (life-streaming) kanaal wil ervaar is daar net twee pin-kodes in jou hart nodig om dit aan te skakel. "Surrender" en "Vertroue"... (jy kry meer as drie kanse - oneindig is more like it en elke keer tel) en wanneer die Kanaal inskop, begin die eerste program met dié liedjie: ...alles wat nodig is, sal die Vader dan, vir julle gee uit Sy oorvloed...
en
vir die eerste keer (asof dit voorheen in 'n ander taal uitgesaai is) weet jy presies wat DIT beteken...
"It is not my ability, but my response to God’s ability, that counts." — Corrie Ten Boom
Sondag 15 Mei 2011
Woensdag 13 April 2011
Vergif
Wat behels dit om te vergewe?
Beteken dit 'n mens moet iets ontken? Maak asof dit nooit gebeur het nie? Beteken dit jy vee iets uit of kry jy tydelike amnesia oor dit wat jou ontstel het? Of begrawe jy dit êrens in die tuin van jou hart en ignoreer die onkruid wat later daar opkom? Wat behels dit?
Vergifnis
Dit klink giftig. Dalk het dit iets daarmee te doen. Om nie meer toe te laat dat iets of iemand jou vergiftig nie. Vergifnis, soos in vergifNIKS. 'n Antidote vir dinge wat ons siek maak en vergiftig. Dinge wat ons dalk tydelik verlam of verblind. Ons harte gaan laat staan, sodat dit nie meer warm kan klop nie.
Ver-gewe impliseer dat jy iets het om te gee. Dalk vir iemand (jouself?) die kans gee om voor te begin? Die onus rus dan op jou - en nie noodwendig op die persoon wat in jou oë oortree het nie. Jy kan dit gee. Die bal is in jou hande. Ons wil gewoonlik eers 'n verskoning hoor. Die ander party moet die eerste skuif maak. Ons wag vir die dag van konfrontasie waarin almal sal sien dat ons toe al die tyd reg was of erken dat hulle verkeerd opgetree het. Die probleem is net dat dit dalk nooit gebeur nie. Intussen groei die gifmonster in ons harte en versteen die buigbare spiere wat voorheen makliker mee gegee het.
Maar hoe raak 'n mens dan van hierdie gif onstlae? Ek dink ons hou partykeer al so lank daaraan vas dat dit voel asof ons hande afgekap is. Dit voel asof ons niks meer daaraan kan doen nie, terwyl ons eintlik net ons hande moet oopmaak en dit moet laat los. Dink net hoeveel meer jy kan doen met jou hande as jy nie die hele tyd aan so iets hoef vas te hou nie! Swaar gif kan net so laat staan word as ons die Here toelaat om dit by ons te vat. Ons moet net ons hande oopmaak en dit, wat ons vergiftig, vir Hom gee. Dit is regtig so eenvoudig (al is dit nie noodwendig so maklik nie).
En dan? As ons weer êrens gif in die hande kry moet ons dit aan-pass soos 'n warm patat en nie toelaat dat dit eers kans kry om ons bloedstroom binne te dring nie. Ek is seker dit sal, soos enige goeie gewoonte, in-oefening kos, maar wat 'n verligting om nie meer vergiftig te voel nie!
VergifNIKS = VERGIFNIS
NS: Hoe wonderlik is dit nie om te weet dat ons vir alles vergewe is deur dit wat Jesus kom doen het nie?! Hy hou niks meer teen ons nie - Hy dink nie eers meer daaraan nie. Dis asof dit nooit gebeur het nie...

Vrydag 25 Maart 2011
Die Groot Showdown
God wil nie verduidelik word nie.
Hy wil ervaar word.
Hy wil eerder hê jy moet hom voel as van hom weet.
Hy wil aan jou raak en jou met verwondering vul.
Hy wil jou beminde wees en jou op dieselfde onverklaarbare manier liefhê as wat jou perfekte ander helfte sou kon - as daar menslik so iets moontlik was.
He Gets YOU!
Om die liefde te verklaar, te analiseer en te bestudeer haal die misterie daaruit. Dit vat die magic weg. Daardie hol kol op jou maag - onverwagte hoendervleis en skoenlappers wat jou hart se ritme deurmekaar dans...
God is nie 'n formule nie. Ook nie vasgevang in 'n stel reëls of goeie gewoontes nie. God is jou antwoord op persoonlike en retoriese vrae. Spesiaal in jou eie dialek en in jou gunsteling kleur geskryf. Dinge waarvan net Jy hou. God is daarin. Hy wil jou bly en gelukkig maak op ongewone en unieke maniere, sodat jy 'n baken kan wees in iets wat dalk vir ander soos 'n donker nag lyk.
Fisiologies sou 'n mens dit seker kon verduidelik. Chemies. Analities en Filosofies, maar wat is nou lekkerder? Om presies te verstaan dat dit ( wat jy as halsoorkop verlief ervaar) eintlik niks ander is as 'n chemiese reaksie binne 'n spesifieke konteks met noodwendige gevolge ? of om met Liefdesvlerke te sweef, sterre in jou oë te hê en vir dae lank nie eers honger te voel nie?
God is eerder 'n HOE as 'n WAT.
God is 'n konstante bewustheid van 'n groter konteks.
Jy is besig om 'n misterieuse karakter in 'n toneel te vertolk waarvan jy maar net 'n klein gedeelte ken. (en jou gedeelte is, sover jy kan sien, ook nog lank nie voltooi nie.) Jy weet dat dit onteenseglik deel uitmaak van 'n groter vertoning, en dat jou paar reeltjies van kardinale belang is. Jy weet net nie wat die groter Storie behels nie.Jy weet dit is mooi en kan die gehoor se reaksie aanvoel wanneer jy jou deeltjie doen. Jy weet dit is Kragtig, maar ken nie die einde nie.
So nou en dan, agter die verhoog, terwyl jy jouself met alledaagse dinge besig hou, hoor jy hoe iemand anders hulle eie woorde oefen, en kom jy agter dat hulle besig is met dieselfde storielyn. Julle karakters verskil baie, maar somehow is julle besig om dieselfde storie te vertel. Julle is albei ewe opgewonde en raai saam oor hoe wonderlik die einde gaan wees.
Jesus is die Hoofkarakter. (Sy gewildheid hang af van hoe goed jy hom persoonlik ken. Soos dit gaan met die meeste celebs, is dit moeilik om 'n opinie te vorm as jy dit op hoorsê moet baseer...) Hy speel teenoor elke ander speler. Hy help jou selfs jou woorde onthou. Hy is ook die enigste karakter wat jy regtig goed leer ken. Almal wat besluit om deel te neem aan die toneel het toegang tot 'n kopie van sy Teks om te lees. Omdat jy hom ken, raak jy nooit moeg daarvoor nie. Dit bly tot jou spreek en verras jou elke keer met die aweregse manier waarop Sy karakter binne die konteks sorg vir spanning, opwinding en konflik binne die storielyn.
Met jou teks as skatkis diep in jou siel gebere kry jy meer as een geleentheid om jou toneeltjie te oefen, daarmee te eksperimenteer en dan uiteindelik op te voer. Partykeer word jy gevra om dit binne 'n ander konteks te doen as dit waaraan jy gewoond was. Verskillende intonansies word gebruik, maar jou eie unieke stempel word telkens op die deel van die storie afgedruk. Dit spreek tot verskillende mense en jy bly verbaas oor dit wat gebeur wanneer jy dit opvoer.
Jy voel terselfdertyd opgewonde en benoud. Hoe beter jy jou woorde ken, hoe meer besef jy dat dit net jy is wat dit kan doen. Dit is immers vir jou geskryf, en jy is daarvoor bedoel.
Jou karakter groei soos jy ouer raak.
Partykeer wil lede van die gehoor regiseur speel. Jy luister na hulle raad of interpretasie van wie jy is en voel dan totaal misluk - todat jy weer toelaat dat die Skrywer self jou gerusstel. Jy hoef nie nou al alles te verstaan nie, en Hy het reeds die volgende hoofstuk vir jou beplan, juis omdat jy bereid was om die vorige een op te voer...
Wanneer jy jou gedeelte uiteindelik afhandel, word jy deel van die orkes. Dan sien jy die hele prentjie. Jy spoor die ander toneelspelers aan met die mooiste musiek, en kan nie wag om die volgende karakters te ontmoet en die storie verder te sien ontknoop nie.
Almal wag in spanning vir die Einde, waarin almal en alles gaan sin maak. Die Slot toneel.
NS: Dalk is jy tans in 'n ander toneelspel besig om 'n karakter te vertolk waarmee jy net nie jouself kan vereenselwig nie. Maak nie saak hoeveel oudisies jy al bygewoon het nie - niks voel soos JY nie. Al ontvang jy goeie kritiek en dit lyk of jy die rol meestelik vertolk, weet jy dat JY nêrens in die teks is nie.
Wel, dan het ek goeie nuus vir jou. Jou teks is klaar op jou hart geskryf. Meestelik. Spesiaal net vir jou. Jy word onvoorwaardelik in jou eie rol aanvaar en die Skrywer sal maar te bly wees as jy die dramatiese stilte ( wat al te lank vir spanning sorg) kom vul met jou eie vertolking van wie jy is. Hy wag vir jou. En jy is nie alleen nie. As jy sukkel om jou eie woorde te vind, kan jy die Verhoog Assistent raadpleeg of gaan na-slaan in die Kopie van die Hoofkarakter se Teks.
Die orkes wil jou intro so graag speel - en wie weet, dalk volg jou storielyn deur myne en maak my teks ook meer sin...
Mercy there was great, and grace was free -
Pardon there was multiplied to me,
There the burdened soul found liberty,
At Calvary.
WILLIAM R. NEWELL

Teken in op:
Plasings (Atom)