Woensdag 26 Oktober 2011

Spin

Kloksgewys

Binne my web is ek toegespin
met taai drade van selfverbetering
self sukses
self ambisie
self bekommernis
my eie remissie

om en om draai ek om my eie as
en vergeet dat dit wat ek eintlik was
'n groter spinstof behoort te wees
een vir baie
maar in my vlees
word ek opgeslurp in my gedagtes
vasgekoek vestrengel verweef
benoud beknop
tevergeefs

Antikloks

Losgetorring, aaneen en heel
Vrygemaak van myself en reëel
Ek is goud-werd sy aan Sy aan sy

Brose draad versigtig losgewoel
kan weef en kleef aan die gevoel
van vry wees van myself
my web
saamgespin in 'n goue draad
mooi besnaard
liefste sieraard
nuut
sielsbedaard

Weg is die web en gekoekte spil
ek word gelei deur 'n groter Hand
saam geryg aan die spinwieltand
meegevoer kan my draad verbind
ek is kind
deur Hom bemind
uiteindelik... gevind

Dinsdag 13 September 2011

Die Barmhartige Prosituut

Die Barmhartige Alkoholis
                         Vigslyer
                          Junkie

Die Barmhartige Tronkvoël
                         Moslem
                         Bergie

Die Barmhartige Annoreksie Lyer
                         Tattoo Artist
                         Rastafarian / (kultuurgroep)
                         Gay man/vrou

Watter woorde sou Jesus vandag moes gebruik om jou aandag te kry?

Ons is al so gewoond aan die storie van die Barmhartige Samaritaan, dat ons vergeet watter impak dit op Jesus se gehoor sou hê. Die Samaritaan is in ons oë die goeie ordentlike ou wat pas in die storie.

Nie in Jesus se tyd nie...Jy wou nie saam met Samaritane gesien word nie, wat nog te sê met hulle praat! Hulle was outcasts. Onwelkom en onrein. Nie iemand om mee te assosieer nie.

In ons gedagtes is daar ook baie keer mense wat ons marginaliseer. Partykeer onbewustelik. Ons voel net dat God se genade nie heeltemal ver genoeg kan strek vir daardie groep mense nie. Hulle is in ons opinie uitgesluit - en met goeie rede...

Maar hoe anders is God se werklikheid nie! Hy het juis 'n hart vir mense wat op die rand van die samelewing leef. Hy meet met 'n ander maatstaf.

Luke 15 (Message)
 1-3By this time a lot of men and women of doubtful reputation were hanging around Jesus, listening intently. The Pharisees and religion scholars were not pleased, not at all pleased. They growled, "He takes in sinners and eats meals with them, treating them like old friends." Their grumbling triggered this story.
 4-7"Suppose one of you had a hundred sheep and lost one. Wouldn't you leave the ninety-nine in the wilderness and go after the lost one until you found it? When found, you can be sure you would put it across your shoulders, rejoicing, and when you got home call in your friends and neighbors, saying, 'Celebrate with me! I've found my lost sheep!' Count on it—there's more joy in heaven over one sinner's rescued life than over ninety-nine good people in no need of rescue.

Hy ontferm Hom oor ons ELK-EEN.

Hy hang nie labels om ons nie. Hy sien ons anders. "Na Sy Beeld" gemaak. Jesus se bloed het die vermoë om vir ons 'n skoon canvas te gee, waarmee Hy 'n wonderlike kunswerk kan skep. 'n Skildery wat Hy duur gekoop het. Deur Sy oë, en dit wat Hy vir ons kom doen het, is ons volmaak. Onverdiend. Vergewe. Goeie Nuus vir ons Almal.

Hy het nie gesê gaan dan na "ons mense" toe en maak die mense my dissipels nie. Sy Boodskap kan nie net by "ons-dam-se-eende" bly nie. Nee, Hy sê gaan dan na AL die nasies toe... Geen uitsonderings. Geen kwalifikasies. Geen voorvereistes of diskriminasie nie. Amazing. Grace.

 Lukas 7 vertel van Simon die Fariseer en hoe onsteld hy was oor die prosituut in sy huis wat Jesus kom salf het en nie kon ophou huil van blydskap nie.

Luke 7 ( Message)
 40Jesus said to him, "Simon, I have something to tell you."
   "Oh? Tell me."
 41-42"Two men were in debt to a banker. One owed five hundred silver pieces, the other fifty. Neither of them could pay up, and so the banker canceled both debts. Which of the two would be more grateful?"
 43-47Simon answered, "I suppose the one who was forgiven the most."
   "That's right," said Jesus. Then turning to the woman, but speaking to Simon, he said, "Do you see this woman? I came to your home; you provided no water for my feet, but she rained tears on my feet and dried them with her hair. You gave me no greeting, but from the time I arrived she hasn't quit kissing my feet. You provided nothing for freshening up, but she has soothed my feet with perfume. Impressive, isn't it? She was forgiven many, many sins, and so she is very, very grateful. If the forgiveness is minimal, the gratitude is minimal."
 48Then he spoke to her: "I forgive your sins."

Mag ons altyd onthou dat ons Sy ongelooflike Genade net so nodig het soos almal anders in die wêreld. Ons is nie vir die een of ander rede beter (of slegter) nie.

Want so lief het God vir  Jakobus Lodewikus Potgieter
                                      Mohamed Ahmal Kabir
                                      Li Tin Pei
                                      Fezeka Ndyadlivane
                                     Sharish Bhatnagar
                                     JOU

gehad, dat Hy Sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.  Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.

1 John 3:16
The Message (MSG)

 16-17This is how we've come to understand and experience love: Christ sacrificed his life for us. This is why we ought to live sacrificially for our fellow believers, and not just be out for ourselves. If you see some brother or sister in need and have the means to do something about it but turn a cold shoulder and do nothing, what happens to God's love? It disappears.

Mag ons deur God se oë na almal rondom ons kyk - en ook na onsself. Mag ons wat soos Samaritane voel in 'n Joodse konteks weet dat God juis vir ons wil gebruik en mag ons ander Samaritane raaksien wat 'n sleutel rol in ons storie kan speel.

Gaan wees die jy die Barmhartige ...................................................................(jou naam)

Vrydag 19 Augustus 2011

GEREED-skap

God gee lewe.

Hy is die Lewe.

'n Counterbalance vir alles wat lei tot die dood.

Daar is niks donker of sleg by Hom nie - Hy is net Goed.

Partykeer gee Hy ons 'n voorsmakie van hoe dit gaan wees as ons eendag permanent by Hom is: Gesond, gelukkig, tevrede, vol blydskap en Volmaak...

Maar

Tot daardie dag aanbreek is ons nog in die wêreld - al is ons nie meer van die wêreld nie...

Dit voel baie keer vir my of God nie noodwendig situasies of omstandighede (wat ons kan benadeel) wegneem, wanneer Hy in beheer van ons lewens is nie, maar eerder vir ons die gereedskap gee om dit wat oor ons pad kom te hanteer.   Wanneer Hy dus "ons paaie gelyk maak" beteken dit dat Hy dalk eerder vir ons 'n stootskraper wil gee as om ons op 'n "gelyke pad" te laat loop.

Wanneer ons by Hom herlaai, gee Hy vir ons  'n hele toolbox om te gebruik wanneer moeilike situasies opduik. Partykeer is ons nie eens daarvan bewus  nie, maar na die tyd besef ons dat ons dit nooit sou gemaak het as God ons nie lank voor die tyd al daarvoor voorberei het nie.

Jy lees dalk iets wat jy voel nie nou van toepassing op jou lewe is nie, maar later die dag loop jy iemand raak wat presies daardie boodskap nodig gehad het. Dan kan jy grawe in jou toolbox en spanner wat te spanner is of afsaag wat afgesaag moet word. Partykeer het 'n mens 'n vergrootglas nodig en ander kere 'n teleskoop...

Hy gee die Lewe. Alles wat daarin is en alles wat dit behels én help ons om daarmee te cope as ons Hom toelaat. Miskien was hy al 'n leer wat jou uit 'n donker gat gehelp het, of 'n tang wat ou geroeste spykers moes help uittrek sodat jy gesond kon word. Of 'n groot glas water wat uiteindelik jou dors kon les...Sy gereedskap en moontlikhede is onbeperk.

Maar hoe kry ons toegang tot hierdie gereedskap om die lewe (dalk mét handskoene) aan te pak?

TYD

Tyd in Sy teenwoordigheid en met Sy Woorde. Kosbare tyd waarin jy net wag vir Sy Stem en tyd saam met ander mense wat ook 'n toolbox het om jou gereedskap mee aan te vul. Nie noodwendig kwanti-tyd nie, maar kwali-tyd.

Dalk is dit net 'n oomblik wat jy gebruik om jouself buite die situasie te sit en hulp te vra of  partykeer is dit 'n paar ure waar jy regtig net op Sy Wil fokus. Dit maak nie saak nie. Elke situasie is anders - maar die uitkoms hang elke keer af van jou bereidwilligheid om eerlik te wees oor dit wat rondom jou aan die gebeur is en in opregtheid te vra wat NOU die beste is vir die spesifieke oomblik. Nie groot woorde nie, nie onderhandelings of transaksies nie - net jy. Kaalgestroop. Surrendered en gereed vir 'n antwoord. SY  antwoord.

Want - jy weet Hy sien die groter prentjie. Hy ken jou en Hy ken ook die situasie. Hy weet wat jou hart begeer en Hy weet wat die beste opsie is. Vertrou Hom. Hy stel 'n mens nooit teleur nie...

Dis die wonder van dit alles. Sy gereedskap is altyd nommer pas vir die situasie. (Al mag jy dalk wonder wat 'n pen of 'n verfkwas of 'n besem kan regmaak...) Hy gee dit met 'n rede en ons word die opdrag gegee om te ontdek waar Hy dit wil gebruik.Om fyn te luister en die eienskappe van die "tool" te ondersoek en daarmee Sy wil te verken.

Hy bly misterieus en opwindend en wil Homself altyd op nuwe en vars maniere aan ons openbaar. Wat 'n adventure as ons onsself daarvoor gee!

Ons hoef nie al die antwoorde te hê nie - ons hoef ook nie eens heeltemal seker te wees van dit wat Hy van ons verwag nie, want in ons totale afhanklikheid kan hy ons die heel beste gebruik! Wanneer Hy ons tree vir tree lei, kan Hy ons help om nie eens een voetsap in die verkeerde rigting te stap nie. Hy wil ons lei in 'n lewe van oorvloedige seën en guns - ons moet Hom net vertrou.

Hy sal nooit ons hand los nie - al lyk dit ook hoe donker om ons. Hy staan gereed met 'n nuwe stuk gereed-skap om jou voor te berei GEREED vir die avontuur!


Psalm 147:3 He heals the brokenhearted and binds up their wounds.

Psalm 34:18 The LORD is close to the brokenhearted and saves those who are crushed in spirit.

Psalm 145:18 The LORD is near to all who call on him, to all who call on him in truth.

Isaiah 57:15 For this is what the high and lofty One says--he who lives forever, whose name is holy: "I live in a high and holy place, but also with him who is contrite and lowly in spirit, to revive the spirit of the lowly and to revive the heart of the contrite.
Psalm 34: 4 I sought the LORD, and he answered me; he delivered me from all my fears.

Isaiah 61:1 The Spirit of the Sovereign LORD is on me, because the LORD has anointed me to preach good news to the poor. He has sent me to bind up the brokenhearted, to proclaim freedom for the captives and release from darkness for the prisoners









Maandag 20 Junie 2011

Oorgawe

Toe ek finaal stukkend val
en as mooi versierde blompot
uitgestal
in 'n duisend stukke lê

Het U met 'n sagte hand
'n skerf kom vat
en met sy snykant
(stukkend, gebreek)
iets nuuts kom kerf
en my laat weet

dat die vorm van my hart
blootgelê met die slag
al meer soos ekke lyk

U het die skerpste kant gebruik
en sonder meer
MY laat ontluik

Sondag 19 Junie 2011

Loslappie of Laslappie

Wat is die goue draad wat ons almal aan mekaar bind?

 Wat is dit wat maak dat ons 'n gemene deler het? Is dit die stoffasie waarvan ons gemaak is? Of dalk omdat ons fyn besnaard is? Dalk juis omdat ons almal vol draadwerk is..? Ons kom dalk nie almal uit dieselfde fabriek nie, maar ons is sorgvuldig aanmekaar geweef. Nog lank voordat ons self kon besef wie of wat ons is.

Psalm 139: ( Message)

 13-16 Oh yes, you shaped me first inside, then out; 
      you formed me in my mother's womb. 
   I thank you, High God—you're breathtaking! 
      Body and soul, I am marvelously made! 
      I worship in adoration—what a creation! 
   You know me inside and out, 
      you know every bone in my body; 
   You know exactly how I was made, bit by bit, 
      how I was sculpted from nothing into something. 
   Like an open book, you watched me grow from conception to birth; 
      all the stages of my life were spread out before you, 
   The days of my life all prepared 
      before I'd even lived one day.


Ons is pragtige stukke lap aanmekaar geweef deur die Kunstenaar wat elke draadjie sorgvuldig uitgekies het.

 Maar dit stop nie daar nie. Baie keer is ons los-lappies wat eerder LASlappies moet wees.

Ons is gemaak om langs mekaar, aan mekaar gebind te wees - juis sodat ons 'n groter doel kan dien. Alleen bedek ons maar 'n klein oppervlakte, maar saam kan ons 'n reuse area bedek en warmte gee waar dit nodig is.

Ons moet hande vat. En nie noodwendig met die laslappies wat soos jy lyk nie. Dalk juis met 'n lappie wat 'n kontrasterende tekstuur of patroon het, sodat julle altwee tot julle reg kan kom...

Mag die liefde van die Here ons aanmekaar bind met 'n onbreekbare band sodat ons 'n Genade Kombers vir mense in die koue kan wees en terselfdertyd iets vir mekaar kan beteken!

Sondag 15 Mei 2011

Werlik-Hy'd

God is Bo-natuurlik.

Natuurwette van gravitasie, momentum en reaksie is nie op Hom van toepassing nie.

Hy is Super-natural.

Nie net in dié sin dat hy Almagtig en Misterieus is nie, maar juis omdat hy Intens(super/buitengewoon) Natuurlik is. Hy is die natuurlikste ding waarna ons smag met ons hele wese. Sy Realiteit is eintlik waar ons behoort te wees. Waar ons aard en inheems kan floreer. Wanneer ons gewortel is in Hom, inge-ent in die Wingerdstok, kan ons vrugte dra en blom. (Joh 15:5) Ons is gemaak hiervoor. Elke stam en taal en volk en nasie glo op 'n manier hierin. Maak nie saak hoe primitief of gevorderd ons is nie, daar is altyd iets Misterieus en groter waaraan ons wil glo. Ons default setting is gemerk met: Buitengewoon.

Van kleins af het ons die behoefte daaraan om dit te ervaar en later in ons lewens waneer ons al hoe meer met die 'harde werklikheid' gekonfronteer word, smag ons na daardie Iets meer...

God is sonder perke. Hy volg daarom ook nie die normale proses of patroon nie. Hy maak mense binne 'n oogwink gesond en somtyds heel oor 'n hele leeftyd. Sy resep is onpeilbaar. Die Rebel-met-'n-cause (Jesus) se lewe kom wys ons iets hiervan. Hy hou van die curve-ball benadering. Die mense van Sy tyd verwag 'n sekere protocol, reaksie, proses en gevolg en elke keer daag Hy dit uit: Oog vir 'n oog? Draai die ander wang! (Lukas 6:27-30) Oorlog en geweld? Hê julle vyande lief! (Rom 12:17-21) Kry aansien en Mag? Dien mekaar en wees die minste! Verkry meer kennis? Glo soos 'n kind. ( Luk 10:12)

Maar Hy daag hulle nie net op intellektuele vlak uit nie. Hulle hele verwysingsraamwerk, van wat dit beteken om gods-dienstig te wees word geskud. Hy is in die geselskap van mense sonder aansien en met slegte reputasies (Luk 5:30) en Hy doen wonderwerke. Ongelooflike wonderwerke wat onverklaarbaar is en tot vandag toe nog mense se lewens aanraak en verander. Sy lewe is nie net 'n Sci-fi movie met baie goeie special effects nie. Hy LEEF die onmoontlike. Dit is Sy Realiteit. Hy IS dit wat "meer" is in hierdie lewe.

En selfs wanneer jy Hom toelaat om net 'n klein venstertjie in jou hart oop te maak, staan jy verstom oor die Werking van Sy Gees. Dis Super-natural. Doodgewone mense, gebeure en toevallighede wat jy net nie kan miskyk nie. 'n Reusagtige wolke-hart in die lug in 'n oomblik wat jy dit SO nodig het. Of 'n reenboog wanneer dit presies is waarvoor jy gevra het. Vyf verskillende mense wat jou op een dag bel en herinner aan dieselfde versie wat net vir jou bedoel is en selfs partykeer 'n duidelike Stem uit die diepte van jou hart, wat in presies-soveel-woorde vir jou sê wat om te doen in 'n sekere situasie. Wyse woorde in 'n oomblik waarin jy nie eintlik geweet het WAT om te sê nie.

'n Mens staan verstom en klein en glimlag.

As jy inge-plug wil wees en hierdie live-streaming (life-streaming) kanaal wil ervaar is daar net twee pin-kodes in jou hart nodig om dit aan te skakel. "Surrender" en "Vertroue"... (jy kry meer as drie kanse - oneindig is more like it en elke keer tel) en wanneer die Kanaal inskop, begin die eerste program met dié liedjie: ...alles wat nodig is, sal die Vader dan, vir julle gee uit Sy oorvloed...

en

vir die eerste keer (asof dit voorheen in 'n ander taal uitgesaai is) weet jy presies wat DIT beteken...

Woensdag 13 April 2011

Vergif

Wat behels dit om te vergewe?

Beteken dit 'n mens moet iets ontken? Maak asof dit nooit gebeur het nie? Beteken dit jy vee iets uit of kry jy tydelike amnesia oor dit wat jou ontstel het? Of begrawe jy dit êrens in die tuin van jou hart en ignoreer die onkruid wat later daar opkom? Wat behels dit?

Vergifnis

Dit klink giftig. Dalk het dit iets daarmee te doen. Om nie meer toe te laat dat iets of iemand jou vergiftig nie. Vergifnis, soos in vergifNIKS. 'n Antidote vir dinge wat ons siek maak en vergiftig. Dinge wat ons dalk tydelik verlam of verblind. Ons harte gaan laat staan, sodat dit nie meer warm kan klop nie.

Ver-gewe impliseer dat jy iets het om te gee. Dalk vir iemand (jouself?) die kans gee om voor te begin? Die onus rus dan op jou - en nie noodwendig op die persoon wat in jou oë oortree het nie. Jy kan dit gee. Die bal is in jou hande. Ons wil gewoonlik eers 'n verskoning hoor. Die ander party moet die eerste skuif maak. Ons wag vir die dag van konfrontasie waarin almal sal sien dat ons toe al die tyd reg was of erken dat hulle verkeerd opgetree het. Die probleem is net dat dit dalk nooit gebeur nie. Intussen groei die gifmonster in ons harte en versteen die buigbare spiere wat voorheen makliker mee gegee het.

Maar hoe raak 'n mens dan van hierdie gif onstlae? Ek dink ons hou partykeer al so lank daaraan vas dat dit voel asof ons hande afgekap is. Dit voel asof ons niks meer daaraan kan doen nie, terwyl ons eintlik net ons hande moet oopmaak en dit moet laat los. Dink net hoeveel meer jy kan doen met jou hande as jy nie die hele tyd aan so iets hoef vas te hou nie! Swaar gif kan net so laat staan word as ons die Here toelaat om dit by ons te vat. Ons moet net ons hande oopmaak en dit, wat ons vergiftig, vir Hom gee. Dit is regtig so eenvoudig (al is dit nie noodwendig so maklik nie).

En dan? As ons weer êrens gif in die hande kry moet ons dit aan-pass soos 'n warm patat en nie toelaat dat dit eers kans kry om ons bloedstroom binne te dring nie. Ek is seker  dit sal, soos enige goeie gewoonte, in-oefening kos, maar wat 'n verligting om nie meer vergiftig te voel nie!

VergifNIKS = VERGIFNIS

NS: Hoe wonderlik is dit nie om te weet dat ons vir alles vergewe is deur dit wat Jesus kom doen het nie?! Hy hou niks meer teen ons nie - Hy dink nie eers meer daaraan nie. Dis asof dit nooit gebeur het nie...