Dinsdag 11 Maart 2014

Swart op Wit

'n Tikmasjien
met klawers
wat note
vinger-lig lostokkel
woorde frases strofes verse

saam-gesing met die
tikkeling

ritmies verbind en meegesleur
in die trant van die storie
en die geur van ink
vasgevang
vir altyd

swart wit swart wit swart

note simbolies
woord-gespring
tot die bladsy vol
van duikelings blom
met 'n lied
uit die klawers
geskiet

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking